Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Opwinding gelykstaande aan die van ‘n Rugbywêreldbeker-eindstryd het Dinsdagaand by Laerskool Olienpark geheers, toe die laerskole Brits en Olienpark se rugby eerstespanne mekaar die stryd aangesê het.
Ondersteuners van oraloor het die paviljoen volgepak en die spelers is met luide toejuiging aangespoor.

Klipharde verdediging van beide spanne het vir skouspelagtige rugby gesorg. Olienpark het eenkeer agter die pale gaan kuier, waarna die drie verdoel is, maar Laerskool Brits het in die tweede helfte spoed opgetel en met ‘n telling van 12-5 as wenners van die veld gedraf. Almal was dit eens dat dié wedstryd met goeie sportmangees gespeel is en sien met groot afwagting uit na toekomstige wedstryde.