Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Eerskomende Saterdag, 13 April, is Brits Jukskeiklub die gasheer van die Chris Behr Jukskei-gedenktoernooi.
Dit is die eerste keer wat dié voorreg aan Brits toegeken word en volgens die organiseerders word daar beplan om dit ‘n jaarlikse instelling hier in Brits te maak.
Volgens Johan Terblanche, woordvoerder van Brits Jukskeiklub, was Chris Behr die eerste voorsitter toe Jukskei in die laat sestigerjare in Brits posgevat het.

Twee en dertig ligaspelers van agt klubs, regoor Gauteng gaan kragte kom meet. 
Wat die toernooi nog meer indrukwekkend gaan maak, is die feit dat baie van dié spelers ook nasionale spelers is. 
Die toernooi begin om 07:00 met ‘n ontbyt vir spelers en sal tot 15:00 duur, waarna die prysuitdeling plaasvind.
Na afloop van die formaliteite gaan die braaivleisvure aangesteek word en almal kan gesellig saamkuier. Belangstellendes word hartlik uitgenooi om die spelers te kom ondersteun en saam te kuier. Vir meer inligting skakel Johan Terblanche by 083 308 0216.