Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – BRITS – Brits Krieketklub is Sondag die gasheer tydens die finale rondte van die T20- en T30-reeks in die Northern Titans veterane-liga en daar word spogkrieket verwag.
Die twee veteraan-krieketspanne van Brits Krieketklub wat in dié T20- en T30-reeks gespeel het, het sover ‘n goeie 2023/2024 seisoen beleef en het tot in die semi-finale rondte van die reeks deurgedring. 
Albei Brits se spanne het ongelukkig in die semi-finaal die knieë gebuig.

Eerskomende Sondag begin die T30-finaal om 08:30 tussen Laudium X1 Stars en Irene Retirement Village. Die T20-finaal, tussen Pretoria Old Boys en Laudium X1 Stars begin om 13:30.
Ondersteuners is welkom om die spanne te kom ondersteun. Vir meer inligting skakel Wynand de Bruyn by 079 153 2637.