Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BRITS POS – MOOINOOI - Laerskool Elandskraal in Mooinooi het verlede Saterdag ‘n suksesvolle ruby- en netbalsportdag aangebied.
Die laerskole Thornhill, Sanddrift, Brits, Olienpark, Koster gekombineerd, David Brink, Koedoeskop en Elandskraal (gasheer) het geleentheid gekry om in ‘n goeie gees teen mekaar mee te ding en die kompetisie was straf.

‘n Reusegetal grootouers, ouers en ondersteuners het opgedaag en dit was ‘n lekker miernes van bedrywigheid op die terrein met genoeg massiewe bome om in die koelte te skuil. Ten spyte van die hittegolf wat tot hoër as 40°C gestyg het, het die leerlinge verbete teen mekaar gespeel. Heerlike verversings, ysies, roomys en yskoue water en koeldrank was te koop om aan te smul en die groot dors te les.
Elies bedank die besoekende skole wat dié dag baie spesiaal gemaak het. “Volgende jaar maak ons wéér so!”