Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

BRITS POS - BRITS - Die finale agt spanne is deur na die kwartfinaal van die Rugby Wêreldbeker wat in Frankryk gespeel word. 
Wallis en Argentinië pak mekaar op Saterdag, 14 Oktober tydens die eerste kwartfinaal-wedstryd, gevolg deur Ierland en Nieu-Seeland.
Sondag, 15 Oktober sê Engeland en Fiji mekaar die stryd aan, waarna die Springbokke die Franse aandurf. 

Read more …Bokke in kwartfinaal

BRITS POS – BRITS – Die jaarlikse Suid-Afrikaanse Gestremde Veerpyltjie-kampioenskappe het 4 September in Germiston plaasgevind en die Britsie, Normie Eckard, het sy SA enkelstitel van 2022 met sukses verdedig.
Na onverbeterlike spel is hy vir die tweede agtereenvolgende jaar as SA enkelskampioen gekroon. As ‘n bonus het hy ook die Speler van die Toernooi-toekenning huis toe gebring.
Volgens Normie is daar in die spel van gestremde veerpyltjies, twee hoofafdelings waarin gekompeteer word: staande (mense met fisiese asook sig gestremdheid) en die in rolstoele.

Read more …Normie steeds SA-veerpyltjiekampioen