Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

  • Eendag was daar...

    Verlede week is wêreldboekedag by Laerskool Goudkop gevier en onderwysers en leerlinge het soos karakters uit ‘n storieboek aangetrek. Leerlinge het ook storieboeke aan die skool se mediasentrum geskenk. Juffies Christelle Smith-Ferreira, Luvandi Smith, Karen Zevenster en Mariska Vorster het meegedoen in die dag se pret en plesier. Wêreldboekedag was op 23 April.

     
  • Help pasiënte met demensie, Alzheimer se siekte

    Klerksdorp Midweek, Stilfontein - Solidariteit Helpende Hand wil vroetelkombersies aan pasiënte skenk. Die komberse help om pasiënte met demensie en Alzheimer se siekte besig te hou en is voordelig vir hul gemoedstoestand.

     
  • Jo Black bring hoop

    Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die volgende kunstenaar wat Artistique Productions na Klerksdorp bring is Jo Black!
    Die rocker tree op 10 Mei in die Escapadesteater by Rio Casino op en daar is net 400 kaartjies beskikbaar.
    Black en sy orkes sal optree en hy wil hoop na Klerksdorp te bring. Sy vertonings is soveel meer as musiek, want hy bring ook ‘n boodskap. Hy beskryf himself as ‘n motiveringspreker wat ook sing. Sy eerste treffer, Skepe, is in Desember 2016 vrygestel en die video is binne vyf maande meer as ‘n miljoen keer op Youtube gekyk.  
    Sy liedjie Voel jy die Genade is ook meer as ‘n miljoen keer gekyk en die album het goudstatus binne tien dae bereik.
    Die kaartjies kos R250 elk en is by Bosveld Slaghuis te koop. Die kaartjies is vanaf 17 April beskikbaar.
    Die vertoning sal om 20:00 begin.