Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BONUS - RUSTENBURG - Solidariteit Helpende Hand se HelpHetta-projek het in sy tiende bestaansjaar 'n belangrike mylpaal behaal. Sedert 2015 is meer as 250 000 pakke sanitêre ware ingesamel en versprei aan behoeftige skoolmeisies regoor Suid-Afrika.
Die projek is in die lewe geroep om meisies te ondersteun wat weens 'n gebrek aan basiese sanitêre produkte skool moet misloop. 

'n Meisie kan tot 55 skooldae per jaar verloor as hierdie noodsaaklike produkte nie beskikbaar is nie. HelpHetta help om die meisies se waardigheid te herstel en gee hulle die kans om voluit aan akademiese en sportaktiwiteite deel te neem.
"Die afgelope 10 jaar het gewys hoe klein bydraes saam 'n groot verskil kan maak," sê Danelle du Plessis, projekorganiseerder van HelpHetta. "Elke pak sanitêre ware wat ingesamel word, beteken dat 'n jong meisie in die klas kan wees en aan haar toekoms kan bou."
Een van die grootste hoogtepunte vir HelpHetta die afgelope dekade was toe Demi Lee Moore, bekroonde sangeres en destydse ambassadeur van HelpHetta, haar twee bekendste aandrokke aan die projek geskenk het. 
Die rooi rok waarin sy vyf Ghoema-toekennings ontvang het, is aan 'n behoeftige meisie geskenk vir haar matriekafskeid. Die pienk-en-wit geblomde rok wat sy in 2018 gedra het toe sy landswyd bekend geword het tydens Die Kontrak en die daaropvolgende Afrikaans is Groot-konsert is opgeveil en die opbrengs is ten bate van HelpHetta gebruik.
Moore het destyds gesê: "Tienermeisies het genoeg om hulle oor te bekommer. 'n Tekort aan sanitêre ware moenie een van daardie dinge wees nie. Meisies moet veilig voel by die skool en met selfvertroue kan rondstap en aan sport deelneem."
Met die viering van die kwartmiljoen-mylpaal loods HelpHetta nou 'n nuwe veldtog om 10 000 pakke sanitêre ware voor die einde van die jaar in te samel. Gemeenskappe, skole, kerke, besighede en individue word genooi om deel te neem. 
Die publiek kan help deur pakke sanitêre ware by hul naaste Helpende Hand-tak te skenk. Die publiek kan ook 'n finansiële bydrae maak sodat HelpHetta namens die skenker produkte kan aankoop. Belangstellendes kan ook insamelingsprojekte by hul skool, kerk of in die gemeenskap van stapel stuur.
Vir meer inligting of om betrokke te raak, besoek www.helphetta.co.za of stuur 'n e-pos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.