Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BONUS - RUSTENBURG - Die Ouma en Oupa-Kersprojek kon vanjaar vir die eerste keer ook twee van die tehuise in Rustenburg bederf.
Die projek het begin as ‘n eenvoudige idee om oumas en oupas gedurende die Kerstyd met ‘n spesiale geskenkie te bederf. Wat aanvanklik net ‘n idee was, het intussen van krag tot krag gegaan en dit staan vandag as ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie bekend. Van die begin af het dit gesorg vir groot glimlagte en vreugde tussen die ouma en oupas.

Die projek word nou al in 20 dorpe regoor Suid-Afrika deur koördineerders gelei.
Theolana Battiss en Stephne Koekemoer het hierdie jaar vir die eerste keer Rustenburg verteenwoordig en twee van die plaaslike tehuise, Rusoord en Altkroondal met spesiale geskenkboksies bederf. Daar word na die tehuis toe gegaan en elke ouma en oupa kry die geleentheid om ‘n wenslysie in te vul vir Kersfees. Dit kan enige item wees van seep, pantoffels, lekkers en selfs net ‘n klein bederfie. Die waarde van elke boks is ongeveer R200 per boks, maar Rustenburg se skenkers het hulle met soveel meer bederf. Die persoonlike wenslysie van die ouma of oupa word elektronies vanaf die koördineerder na die skenker toe gestuur. Die skenkers het deur middel van die aanlynskakel op facebook op die Ouma en Oupa-Projek gaan registreer en is dan daarvolgens geskakel.
Al die skenkers van Rustenburg word net weer eens bedank vir al die skenkings en die bederf vir elke Ouma en Oupa. Die projek sal volgende jaar weer gedoen word en daar word gehoop om nog meer tehuise te betrek. Indien jy wil betrokke wees in 2024 hou asseblief die Facebookblad dop: Ouma en Oupa Kersprojek.