Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

BONUS - RUSTENBURG - Die toegegroeide parke in Rustenburg gaan nie maklik getem word nie, maar die AfriForumtak op dié dorp skrik nie vir ’n uitdaging nie. 

Lede van die tak het in Februarie die opknappingswerk aan Rustenburg se parke hervat. Die span het spesifiek gefokus op die park op die hoek van Kerk-, Kruger- en Bultstraat, asook die park op die hoek van Helen Josephrylaan en Bovenstraat. Meer as 3,5 hektaar gras is gesny en etlike ure is met bossiekappers gewerskaf.

“Aangesien die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit nie gereeld die nodige instandhouding by die parke doen nie, sal AfriForum se Rustenburgtak voortgaan om ons gemeenskap te dien deur seker te maak dat die parke in ’n goeie toestand gehou word,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Groot-Marico-streek.

Jan van Zyl, omgewingsakebeampte by die Rustenburgtak, sê daar is nog baie werk wat voorlê, maar met die gemeenskap se hulp kan dié berg ook geklim word. “Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om deel te word van hierdie projekte. Enige persoon kan ’n verskil maak, hetsy dit is om bossies uit te haal of water aan te dra.”
Skakel Dawie Conradie by 082 930 9905 vir meer inligting oor hoe om by die Rustenburgtak betrokke te raak.
“Laat ons saamwerk om ’n skoner en beter omgewing vir ons gemeenskap agter te laat,” sê Viljoen.