Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Skoolseun wat ‘n 26-jarige man wat voor sy motor ingeloop het, omgery en toe weggejaag het, het wel later na die ongelukstoneel teruggekeer.
Kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, het gesê die 19-jarige jongman het saam met sy pa na die toneel op die hoek van Central- en Buffelsdoornweg teruggekeer.
“Die polisiebeampte het sy besonderhede geneem en ‘n waarskuverklaring is reeds geneem. Sodra al die nodige verklarings van die beseerde man en ooggetuies geneem is, sal die dossier na die hof geneem word vir die staatsaanklaer om te besluit op vervolging,’’ het sy gesê.