Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Altesame 357 vuurwapens wat as bewysstukke in die polisie se SAP 13-stoorkamers landwyd geberg is, is sedert die 2020/21-boekjaar gesteel. Slegs ses private persone is tot dusver hieroor in hegtenis geneem.

Dit blyk uit antwoorde van die minister van polisie, Bheki Cele, op vrae van dr Pieter Groenewald, leier van die VF Plus oor die aangeleentheid. Die party wil nou weet wat het geword van die hofsake waarin hierdie bewysstukke gebruik moes word.

 

Read more …Honderde vuurwapens van polisie gesteel

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Orkney & Klerksdorp Diereskuiling het sy kommer uitgespreek oor motoriste wat die spoedgrens oortree en nie diere langs en in die pad in ag neem nie.

‘n Motoris het op Sondag 14 Januarie twee koeie regoor Kanana op die Orkneypad getref. Die diere wei in die omgewing en word gewoonlik teen 10:00 en dan laatmiddag oor die pad gejaag. 

Waarskuwingsborde is al op die pad opgerig om op die uitkyk te wees vir losloperdiere en daar is ook nêrens ‘n heining in sig nie. 

Read more …Diere ’n gevaar op Orkneypad

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die man wat van moord aangekla word na die bakleiery voor ‘n kroeg in Doringkruin verlede jaar, het vandeesweek weer vlugtig in die hof verskyn.

Wernich Botha (33) se borgtog is verleng en die saak is vir byna vier maande, tot Mei vanjaar, vir verdere ondersoek uitgestel. Hy was vergesel van familie en vriende tydens sy verskyning in die landdroshof op Maandag 15 Januarie.

Read more …Moordsaak vir vier maande uitgestel

Klerksdorp Record, Klerksdorp - Sassa is responsible for distributing grants and allowances to disadvantaged people who require financial assistance in South Africa.

Beneficiaries can receive their payments from selected supermarkets, such as Pick n Pay, Boxer, USave merchants, Checkers and Shoprite, and obtain this through their SASSA card, CashSend, or by getting the amount directly transferred into their bank account.

Read more …Various Sassa grants explained

Klerksdorp Record, Klerksdorp - Die aanstelling van 29 personeellede in die kantore van die burgemeester, speaker en die hoofsweep in die Matlosana Munisipaliteit het die Vryheidsfront Plus warm onder die kraag.

Die party is gekant teen die beoogde aanstellings wat vier persoonlike lyfwagte vir die burgemeester James Tsolela insluit. Die speaker van die raad, Stella Mondlane, het raadslede verlede week hieroor ingelig. 

Read more …Burgemeester se lyfwagte laat oë rek

More Articles …