deur Ilse Roux (uitgegee deur Luca)
Bybelse vas fokus op die transformerende krag van vas en hoe dit gelowiges kan help om hul geloof te verdiep en ‘n sterker verhouding met Jesus Christus te ontwikkel. Dit dek verskeie aspekte van vas ondermeer die geestelike groei en -verdieping wat mense ervaar wat vas. Dit gee ook praktiese riglyne oor hoe om te vas en waarom dit gedoen moet word. Dit kan ‘n waardevolle hulpbron wees vir gelowiges wat nuut is tot die praktyk van vas of wat hul bestaande praktyk wil verdiep.
Op die boekrak: Is jy orraait, Elizabeth?
Deur Rozaan de Wet (uitgegee deur Tafelberg)
Is jy orraait, Elizabeth? is die verhaal van drie uiteenlopende vroue wat elkeen pynlike ervarings beleef maar deur hul vriendskap gedra word. Elizabeth se lewe is nou vervleg met haar man se praktyk waar sy daagliks met broosheid te doen kry. Sy sukkel aanvanklik om te aanvaar dat hulle ’n seun met Downsindroom het, maar mettertyd draai haar bestaan al meer om hom, en sy leer by hom die betekenis van liefde. Ada, ’n oorwerkte onderwyseres, en die voorkomsbewuste Mirna worstel met hulle eie persoonlike gesinskwessies.
Op die boekrak: Bybelblokraaie 2
Deur Heidri Mittendorf (uitgegee deur Lux Verbi)
Heidri Mittendorf is ‘n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en -opsteller. Die Bybelblokraaie 2 bevat 65 blokraaie wat opgelos word met leidrade wat uit die Bybel nageslaan kan word, asook 6 woordsoeke en 4 woordspeletjies gebaseer op temas uit die Bybel. Die antwoorde word verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf.
Op die boekrak: Landuit Want jy wil mos
deur Zirk van den Berg (uitgegee deur Tafelberg)
Buiten vir Zirk se LSD (“look, see, decide”) trippie Perth toe, was die trek Nieu-Seeland toe sy eerste oorsese reis, en dit nogal met ’n enkelkaartjie. “Ons vlieg eers Singapoer toe, en van daar na Auckland. Bernard is ses, Anna is agttien maande. Ek het nie ’n enkele sleutel nie, want ek het niks wat kan sluit nie. Uiteindelik is ons almal in die hotelkamer in Nieu-Seeland - pa en ma, oop tasse en oorstuurde kinders.’’
Pothole patching in Khuma
Klerksdorp Midweek, Khuma - Last week, the Premier of North West, Lazarus Mokgosi, visited Khuma as part of the Thuntsha Lerole program. Accompanied by key officials, including MEC of Agriculture Cllr Madoda Sambatha, Executive Mayor of the City of Matlosana, Cllr Fikile Mahlophe, and Speaker of DR KK, Cllr Xlolile Nxozana, the Premier was overseeing the inspection of pothole patching and handed over certificates for beekeeping and honey harvesting.