BRITS POS – BRITS – Saterdagaand was dit uithaal en wys vir ons drie boere van Brits – Steph Meintjes, Lambertus Scheepers en Ernst Meintjes tydens die Moer ‘n Boer-toernooi wat by die Heartfelt-arena gehou is. Die uitslae is:
Lambertus Scheepers vs Eric Basson: Lambertus wen in 2de ronde: 1’18” met ‘n tegniese uitklophou;
THORNHILL PRIMARY SCHOOL A thrilling hockey night league
BRITS POS – BRITS – Thornhill Primary School hosted the much-anticipated 2024 Hockey Night League, Friday, 30 August and the event became a highlight on the school calendar.
24 teams from five primary schools, Brits, Olienpark, Elandskraal, Sanddrift and Thornhill Primary, battled it out for glory in an evening filled with excitement and camaraderie.
WêRELD MEESTERS ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE - Harties-egpaar is dubbelgoud- en brons wêreldkampioene!
BRITS POS – HARTBEESPOORT – By die Wêreld Meesters Atletiekkampioenskappe wat in Gothenburg, Swede in Augustus gehou is, het Hartbeespoort-atletiekklub se atlete uitgeblink met uitmuntende vertonings. Warren Schmelzer (70), het in die mans 70-74-kategorie deelgeneem en as dubbele wêreldkampioen na vore getree. Hy het sy eerste goue medalje in die hinderniswedloop verower en ‘n nuwe Suid-Afrikaanse- en Afrikarekord opgestel en daarna ‘n spannende oorwinning in die 800m behaal waar hy die wêreldrekordhouer met net ‘n paar meters na die eindstreep verbygesteek en sy tweede goue medalje verower het en nog ‘n nasionale- en kontinentale rekord opgestel het.
‘n Passievolle en doelgerigte jagter
BRITS POS – BRITS – Elke jong seun het ‘n droom, sommiges droom van vinnige motors, maar die 13-jarige Luvan le Roux, van Brits, droom al van jongs af om eendag ‘n beroepsjagter te word.
Dit is in sy bloed, want hy het al sy eerste rooibok op 4-jarige ouderdom platgetrek. Alhoewel hy al op talle jagekspedisies was waar hy self die jagter was, het hy reeds op 8-jarige ouderdom sy vaardigheid as potensiële beroepsjagter begin verfyn. Op sy kerfstok het hy talle jagters (wat hy tong-in-die-kies sy kliënte noem) op suksesvolle jagekspedisies geneem en is telkens geloof vir sy liefde, respek en passie vir die natuur.
Shaun Williams besoek sy laerskool Alma mater
BRITS POS – MOOINOOI – Die Blitsbok, Shaun Williams, oud-Elie en Olimpiese Spele 2024 brons medaljewenner in sewesrugby, het Maandag sy Alma mater, Laerskool Elandskraal in Mooinooi besoek.
Shaun het met die leerlinge gepraat en gesê jy moet altyd ‘n droom hê en altyd baie hard werk om dit wat jy droom te verwesenlik.








