Latest News

Verlam na botsing - Pleidooi om hondjie terug te kry

Posted in Latest News

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Botsing buite Klerksdorp het Christo Smit (58) se lewe in ‘n oogwink verander - hy is van die nek af ondertoe verlam en sy geliefde Tinkerbell wat saam met hom in die motor was, is steeds weg. Sedert die botsing op 3 Oktober op die Ventersdorp-pad soek Christo se dogter, Mandri Roux, steeds elke dag in die omgewing na die hondjie wat verskrik weggehardloop het toe hulp op die ongelukstoneel opdaag en die voertuig se deur oopruk.

UA-34805051-1 UA-34805051-1