Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Home
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

  • Seuntjie brand by kleuterskool

    Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Tweejarige babaseuntjie het ernstige brandwonde opgedoen nadat hy ‘n beker met kokende water by die kleuterskool op hom omgekeer het.

    Die polisie ondersoek die voorval om agter te kom deur wie se nalatigheid die kind se beserings veroorsaak is. Volgens kol Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, word ‘n klagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer en ‘n klagte van kinderverwaarlosing ondersoek. 

    “Die kleuterskool gee hul volle samewerking met die ondersoek en het kringtelevisiemateriaal vir die ondersoekbeampte gegee. Die forensiese span was ook reeds daar om foto’s van die klaskamer te neem.’’

    Die gebeure by ‘n bekende kleuterskool in Wilkoppies is vir die kind se ouma ‘n bitter pil om te sluk. Sy het gevra dat nie sy of haar kleinseun geïdentifiseer word nie. Hy is in haar versorging. 

    Volgens die polisieverslag het sy hom op 16 Januarie om 06:45 by die skool afgelaai en 15 minute later die oproep gekry dat haar kleinkind gebrand het en dadelik mediese hulp nodig het. “Sy gesig, nek, skouers, bors en maag het erg gebrand. Sy het met hom na Wilmedpark gejaag,’’ sê Myburgh. 

    “Die kookwater was glo bedoel vir ‘n bababottel en hy het dit reggekry om die houer waarin dit was op hom om te keer.’’

    Die trauma van daardie rit na die hospitaal sal die ouma altyd bybly. “Dit het nie gelyk of hulle eers noodhulp toegepas het op hom nie. Die velle het afgekom op sy lyfie. Dit is nie iets wat ek my grootste vyand toewens nie.’’

    Die seuntjie het etlike dae in die hospitaal deurgebring, maar sterk nou tuis aan. Hy gaan vandeesweek weer ‘n plastiese sjirurg besoek.

    Volgens kol Myburgh sal die polisie hul ondersoek voltooi en dan aan die staatsaanklaer voorlê vir moontlike vervolging.

     
  • Onderwyser se dogter sterf in ongeluk

    Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Laerskool La Hoff is in rou gedompel die week nadat ‘n onderwyser van die skool saam met sy gesin in ‘n gruwelike botsing betrokke was.

    Mike van Rooyen se dogter, Michelle, het nie die ongeluk oorleef nie. Sy was ‘n leerling van die skool. Mike, sy vrou, Elloise en ander dogter, Lize is in die hospitaal opgeneem. Die gesin was onderweg na Koster toe hulle in ‘n botsing reg van voor betrokke was.

     

     

     

     
  • Police active throughout the province

    Klerksdorp Record, Klerksdorp - The police working with other law enforcement agencies and role players remain steadfast in ensuring that Operation Shanela puts criminals behind bars. 

    This follows the arrest of 780 suspects in the province between January 27 and February 2. “The suspects were arrested for various offences such as murder, attempted murder, driving under the influence of alcohol, dealing in drugs, assault with the intent to do grievous bodily harm and common, illegal dealing in liquor, possession of drugs as well as burglary at business and residential premises.