Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Almal het hom as Hennie Spietkop geken, al het hy al agtien jaar gelede die tuig neergelê as verkeersbeampte.

Hennie Prinsloo (63) is op Sondag 17 Augustus oorlede. Hy is op Vrydag 15 Augustus in Wilmed Park opgeneem nadat hy by die huis geval en ‘n heup gebreek het. 

Sy vrou, Lindie en kinders is hartseer, maar het berusting. Hennie wat aan Parkinsons se siekte gely het, het drie weke gelede gehoor sy kanker is terminaal en daar is niks meer wat dokters kan doen nie. Sy seun, Clinton, vertel dat sy pa die laaste paar jaar hard baklei het teen kolonkanker. “Ons is bly hy is verdere lyding gespaar. Dit was nie vir hom maklik nie, veral nie die laaste paar dae in die hospitaal nie.’’

 

 

 

Clinton het elke nag langs sy pa se hospitaalbed gewaak en was daar toe hy sy laaste asem uitblaas. Dit was nie vir hom opoffering nie. Sy pa het immers nie een van sy rugbywedstryde gemis toe hy al op Laerskool ‘n besonderse talent vir die spel toon nie. Hennie was self op sy dag ‘n kranige rugbyspeler en was sy seun wat tot op provinsiale vlak gespeel het, se grootste bewonderaar. “Ek en my pa het mekaar verstaan. Dit het dalk gelyk of hy ‘n moeilike mens was, maar hy was eintlik ‘n sagte ou, ‘n omgeemens.’’

Die meeste Klerksdorpers sal vir Hennie onthou as ‘n streng verkeersbeampte. Hy was vir 23 jaar by die verkeersdepartement. Clinton onthou hoe sy pa telkemale vir hom en van sy vriende laat kar stoot het as hy hulle sonder bestuurderslisensies betrap het. “Hy het nie boetes geskryf nie, maar ons mag nie verder gery het nie. Dan het hy ons daai kar laat stoot tot waar hy moet wees, terwyl hy stadig met die verkeersmotor agter ons aangery het,’’ lag hy.

Hennie was ‘n bok vir sports en het as kranige WP ondersteuner selfs die koerant gehaal, waar hy verkeer reguleer met ‘n WP voorskoot aan. Vroeër jare was hy ook elke Saterdag op sy pos by Checkers Hyper waar hy sosaties gebraai het by Helen’s Coffee Shop, ‘n instelling in Klerksdorp as jy gaan inkopies doen. 

Hennie het grootgeword op Stilfontein.

‘n Roudiens word gehou op Saterdag 23 Augustus om 10:30 in die Morester gemeente. Diegene wat wil bywoon, kan sy dogter, Zannerie skakel by 081 252 1808.