Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dit was nie net die poedingtafel wat onder die bakkies nagereg gekreun het nie, maar die heerlike pap-en-kaiings en varsgebakte pannekoek wat Klerksdorpers na die Tehuis vir Bejaardes se jaarlikse basaar gelok het.

Die basaar was weereens ‘n uitverkoop sukses, want daar was van vroeg af lang rye om van die lekker tuisgebak op te raap. Elke jaar ondersteun die skole ook die gebeurtenis met kunswerke, musiek en gedigte en vanjaar het Laerskool Saamtrek se jongspan Afrikaanse idiome uitgebeeld en Laerskool LaHoff se skoolkoor het opgetree. 

Hoërskoolleerlinge het aan ‘n selfoon-fotografiekompetisie deelgeneem en Klerksdorp Rekord se redakteur, Salomé Kotzé het die wenners aangekondig. Rebecca Moll van Hoërskool Wesvalia het die wenfoto geneem.

Plaaslike sanger Michael D’Angelo het ook die besoekers vermaak. Die dag was ‘n rasende sukses vir die organiseerders en inwoners van die tehuis.