Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die organiseerders van Amira se konsert in die stad was bekommerd dat sy te veel opera gaan sing, maar hul vrese was verniet.

Amira het in ‘n stampvol Hervormde Kerk opgetree en ‘n staande ovasie gekry. Die konsert was op Vrydagaand 9 Mei. Die jong Nederlandse sopraan met ‘n Afrikaanse ma - wat in Klerksdorp grootgeword het voor sy na Nederland verhuis het - het die gehoor bekoor met haar spontane persoonlikheid, haar liefde vir Afrikaans en ook haar geloof.

 

 

 

Sy het haar vertoning gekoppel aan die eeufeesviering van Afrikaans en het gesê Suid-Afrikaners weet nie hoe gelukkig hulle is om oor hul geloof te kan praat en dit te kan beoefen sonder enige vrees nie.

Sy het onder meer liedjies van Annelie van Rooyen gesing, Pie Jesu van Andrew Lloyd Webber, musiek uit My Fair Lady, die area O mio babbino caro van Puccini wat sy gesing het toe sy Holland’s Got Talent gewen het, asook musiek wat Mimi Coertse bekendgemaak het. Sy het gepas afgesluit met Time to say Goodbye van Andrea Bocelli en Sarah Brightman.

Die kaas-en-wyn en wynveiling na die vertoning was ook ‘n reuse sukses. Die gemeente het die konsert as ‘n fondsinsameling gereel.