Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dit is vir hulle soos ‘n matriekafskeid, maar eintlik is dit nie. 

Vir die kliënte by Triest Sentrum vir Intellektueel Gestremde Volwassenes is hulle Glitz & Glamour Gala ‘n aand van prag en praal. Waar hulle hul mooiste en blinkste uitrustings kan aantrek, op ‘n rooi tapyt kan stap en die aand om dans. “Amper soos ‘n matriekafskeid,’’ glimlag Johan Gerber wat die sentrum bestuur. 

“Elke jaar sit ‘n klompie plaaslike borge koppe bymekaar om vir ons inwoners ‘n stylvolle aand te verseker. En daarvoor kan ons nie genoeg dankie sê nie.’’

Vanjaar het die glansaand op 14 Mei plaasgevind en is almal by die spoggerige venue Cést La Belle in Vleistraat bederf. Verskeie ondernemings het hul harte en dienste oopgemaak: hare, naels en selfs rokke is met liefde geskenk, wat die inwoners die kans gegee het om soos ware sterre te voel.

Verder het lede van plaaslike motor- en motorfietsklubs hul blink voertuie beskikbaar gestel om die gaste tot by die rooi tapyt te vervoer. “Dit het ‘n ekstra sprankel en opwinding aan die geleentheid verleen het. Dit was ’n regte showstopper en het baie glimlagte veroorsaak,’’ vertel Gerber. 

“Dis wonderlik om almal so gelukkig en mooi aangetrek te sien. Hierdie aand gee ons inwoners die geleentheid om te skitter en hulself te vier.”

Musiek, dans en ’n spesiale aandete het die geleentheid afgerond, en die Triest-familie het nog herinnerings vir eendag se onthou.