Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - NG Welsyn se damestee ter ere van Vrouemaand is dié liefdadigheidsinstansie se grootste fondsinsamelingsprojek vir die jaar.

Elke jaar ondersteun borge die funksie wat al ‘n jaarlikse instelling is gedurende Augustus en word dit al bykans 30 jaar lank in Klerksdorp aangebied. Dit is vanjaar weer by C’est la Belle gehou. 

 

Die sangeres, Liezel Pieters het die wintersoggend behoorlik opgewarm met haar goue stem en aan die einde van die vertoning het die dames se voete gejeuk toe sy afsluit met treffers uit die tagtigerjare. Voor haar optrede, het gaste geluister na Melanie le Roux wat oor haar pad met NG Welsyn as pleegma gesels het en die suksesvolle aanneming van haar twee woelwaters.

Gaste het gesmul aan die heerlike peuselhappies voorgesit deur Abri Coetzee en sy span. Almal was dit eens dat dit weer ‘n uithalerfunksie was.