Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp – Coenie de Villiers tree volgende week in die stad op en kaartjies vir sy konsert by NG Goudkop verkoop goed. Dié vertoning, Kersfees met Coenie, vind op Donderdag 20 November in die NG Kerk Goudkop plaas. Daar is egter ‘n tammeletjie wat die vertoning in die wiele kan ry!

Volgens ds Schalk Scott is een van Coenie se vereistes dat hy op ‘n vleuelklavier moet speel, en die kerk het nie ‘n vleuelklavier nie.

“Ek het die NW Musikon genader om ‘n vleuelklavier vir ons te leen vir die vertoning, en hulle het ingestem. Die swaar instrument moet egter vervoer word en hy vereis perfekte harmonie. Ek sal dit hoog op prys stel as iemand ons kan help om die pragklavier heen en weer te vervoer,” het hy aan Klerksdorp Rekord gesê.

Coenie het nie bekendstelling nodig nie, want hy sing reeds bykans veertig jaar en hy het twintig albums uitgereik. Hy is ook ‘n bekende TV-aanbieder. 

Kaartjies vir Kersfees met Coenie is te koop teen R100 elk en kinders jonger as 12 jaar kan die vertoning gratis bywoon. 

Skakel 063 095 8147 om kaartjies te koop en indien jy die kerk kan help om die klavier te vervoer.

Die vertoning sal om 18:00 begin.