Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Twee Klerksdorpers het ‘n noue ontkoming gehad in ‘n botsing met ‘n ambulans in Platanlaan.

Die ambulans het glo oor ‘n stopstraat by Smitstraat gejaag en reg voor Yvonne Weideman se motor beland op Sondag 24 Maart. Sy en ‘n vriendin was onderweg terug van die fliek af net voor 20:00 en het in Platanlaan gery. “Dit was so onverwags. Ek het glad nie gedink ‘n ambulans sal net so voor aankomende verkeer injaag nie. Hy moes teen ‘n helse spoed gery het. Ek is net dankbaar ons is veilig,’’ het sy aan Klerksdorp Rekord gesê.

Volgens Yvonne het hulle na die tyd gehoor die ambulans was onderweg na ‘n ander ongelukstoneel. “Die ambulans se sirenes of noodligte was beslis nie aan nie, want ek weet noodvoertuie kry voorkeur op die pad, maar as mens ‘n kruising nader moet jy darem seker steeds kyk voor jy in ‘n besige pad indraai.’’

Die bestuurder en passasier in die ambulans het verskeie frakture opgedoen nadat die ambulans omgeslaan het weens die impak van die botsing.

‘n Inwoner van Smitstraat, André Olivier, het in reaksie op die ongeluk gesê dit is tyd dat die munisipaliteit se paaie-afdeling die vermiste stopteken op daardie hoek vervang en weer daar verf om padtekens duidelik te maak. “Hoeveel ongelukke moet daar nou nog gebeur? Die volgende ongeluk kan dalk noodlottig wees. Dit was nie lekker om hulpkrete van die dame in die ambulans te hoor terwyl sy vasgekeer was nie.’’

Volgens Olivier is die stopteken deur herwinners weggedra nadat die teken afgeroes en afgeval het. Hy het aan Klerksdorp Rekord gesê dat hy wel sirenes gehoor het toe die ambulans verby hul huis in Smitstraat gery het.