Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Nuwe intrekkers in Swartstraat, Oudorp het verlede week die skok van hul lewe gehad toe kabeldiewe op hulle losbrand.

René Myburgh is in die skermutseling in albei haar bene gewond. Sy het een nag in die hospitaal deurgebring en sterk nou tuis aan. Fragmente van die koeëls is steeds in haar regterbeen en kon nie in die hospitaal verwyder word nie.

 

 

 

 

 




Daardie skrikwekkende nag besorg haar steeds nagmerries. Dit was die sesde aand wat sy, haar verloofde, en haar volwasse seuns in die huurhuis op die einde van Swartstraat sou slaap. Sy vertel sy was al in die bed toe een van haar seuns wil ondersoek instel na die geluid van ‘n gekappery. “Hy het my verloofde kom wakker maak en hulle is toe na buite waar hulle gesien het mense kap met ‘n pik in die grond om kabels te steel. Dis toe dat die eerste skoot klap.’’

Die huishouding was in rep en roer en almal het in die huis skuiling gesoek. “Dit was toe vir ‘n hele lang ruk stil. Die kappery het ook opgehou. Na ‘n hele lang ruk is ons na buite, loer-loer om te sien of alles okay is, toe word daar op ons geskiet. ‘n Klomp skote. Ons is terug die huis in, minwetend dat ek op twee plekke raakgeskiet is.’’

René, ‘n diabeet en hoë bloeddruk lyer, het in die huis inmekaar gestort. Hulle het toe gesien dat sy in haar linkerbobeen getref is. “Ek het die brandpyn gevoel ja, maar nie besef ek is raakgeskiet nie. Ons het eers later gesien die regterbeen is ook getref. Ons het op Zello om hulp geroep en CSS was eerste daar om hulp te verleen. Die ambulans het ook gou opgedaag en my hospitaal toe geneem.’’

Sy is dankbaar vir familie wat dadelik soontoe gejaag het om hulp te kom verleen en die ambulans gebel het. Die eienaar van die huis is ook besig om die huis verder te beveilig. “Ons bly nog nie lank in die woonbuurt nie, maar ek het gehoor hier is kort-kort probleme met elektrisiteit en water oor die kabeldiewe wat so kabels steel. Ek het net nie besef hulle is so gevaarlik nie. 

“Dit is vir my ook vreemd dat die polisie nie ‘n saak oopgemaak het nie. Hulle was wel op die toneel, maar ek is toe hospitaal toe en toe ry hulle. Ons het nog nie weer van hulle gehoor nie. Ek weet nie of dit is hoe hulle werk of wat nie? Moet ons hulle weer bel, ek weet nie?’’

Die gesin is nie van plan om te verhuis nie, maar sluit nou maar die deure en bly snags binnenshuis. 

“As dit donker is, sluit ek my nou in my huis toe. Ons gaan nêrens heen nie,’’ sê René. Sy vermoed sy sal verdere mediese behandeling moet kry weens die koeëlfragmente in haar been. 

“Dit brand daar. Ek drink maar pynpille en voel maar onrustig daaroor. Die hospitaal het my huis toe gestuur, so ek weet nie.’’