Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Orkney - Inwoners van Orkney is bekommerd oor ‘n toename in ernstige misdaad op die dorp nadat rowers by twee huise toegeslaan het in een week. ‘n 63-jarige vrou is in een van die rooftogte doodgeskiet.

Lebohang Phawe en haar seun is in haar huis in Reitzstraat oorval na middernag Saterdag 4 November. Volgens kapt Aafje Botma, polisiewoordvoerder, is ry raakgeskiet toe die rowers die deur oopforseer het. “Haar seun wou hulle keer en hulle het deur die deur geskiet. Sy is gewond. Hulle het die seun vasgebind en die voertuig se sleutels gesoek wat hulle nie kon kry nie. Hulle het met ‘n skootrekenaar gevlug,’’ het sy gesê.

Phawe is met haar aankoms by die hospitaal oorlede. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

 

‘n Paar dae later, op Woensdag 8 November, is mense in hul huis in PJ Schoemanstraat, Orkneypark aangehou en beroof. Volgens kapt Botma is die 36-jarige vrou deur drie rowers in haar erf ingewag nadat sy haar kind by die skool afgelaai het. “Haar vriend en nog familie was in die huis en die verdagtes het hulle beveel om in die huis te gaan waar hulle in die sitkamer vasgebind is. Hulle het met skootrekenaars en selfone gevlug.’’

Niemand is beseer nie. Die verdagtes is nog op vrye voet.

‘n Plaaslike sakeman is op Dinsdag 7 November voor Absa van ‘n onbekende bedrag geld beroof. Op 30 Oktober het rowers by Lewis Stores in Miltonlaan toegeslaan en elektroniese toerusting en kontant gebuit.