Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die paartjie se liefdesverhaal klink soos ‘n draaiboek so reg uit Hollywood. Soos enige liefdesverhaal is daar egter slaggate.

GF Janse van Rensburg (26) en Joline Grobler (25) is ‘Koerkyse’. Só genoem omdat hulle mekaar op Koer, ‘n Afrikaanse maatsoek-app ontmoet het, en dadelik gekliek het. 

GF is ‘n melkboer van Schweizer-Reneke en Joline is ‘n skoonheidsterapeut in Klerksdorp. Volgens Joline was GF ‘n maand op Koer en sy ‘n week en “die gewone plaasboer” het haar voete onder haar uitgeslaan. 

 

 

 

Hulle het na drie weke ontmoet, is reeds ses maande saam en is dolverlief, maar daar is ‘n paar struikelblokke wat in hul pad na geluk staan. GF is in sy onderlyf verlam na ‘n botsing in Augustus 2023. “Ons praat oor trou, maar sy gesondheid is nou eers prioriteit. Hy was reeds in ‘n rystoel toe ons ontmoet het, maar ek het dadelik geweet dit is die man vir my,” vertel Joline.

GF was erg beseer na sy ongeluk en was maande in die hospitaal. Hy is sedertdien in ‘n rystoel. Sy humorsin is egter onaangeraak en volgens haar is dit een van sy beste eienskappe. Die paartjie het ‘n backabuddy-insamelingsveldtog begin om geld in te samel om kalipers vir hom te koop.

Wat is kalipers? Dit is toestelle wat gebruik word om swak of verwronge gewrigte van die bene te ondersteun. Dit kan mense met toestande soos polio of aangebore misvormings help om normaal te loop. Kalipers kan ook gebruik word om gewrigsbeweging op verskillende vlakke van die onderste ledemate, soos die voet, enkel, knie, heup en bekken, te help en te beperk. 

“Die dokters is oortuig dat hy weer sal loop. Volgens hulle het hy nie sy rug gebreek in die ongeluk nie en is van sy senuwees beskadig. As hy die toestelle gebruik sal dit sy herstel bespoedig,” sê sy.

Daarvoor het hulle sowat R120 000 nodig. Teen druktyd is R12 000 inbetaal waarvan Koer R10 000 bygedra het.

Volgens die Koerspan, het die twee se liefde hulle geïnspireer en maak dit vuur in hul harte. “Ons beste wense gaan uit na GF en sy herstelproses. Ons weet wonder wag vir julle om die draai. Die liefde neem ‘n duisend vorme aan,” sê die span.

Indien jy finansieel kan help, gaan na www.backabuddy.co.za en tik in GF Janse van Rensburg. Dit sal jou na sy profiel neem.