Klerksdorp Rekord, Orkney - Bywette oor die regulering van spaza-winkels en informele straathandelaars, is verlede week tydens ʼn raadsvergadering van die dr Kenneth Kaunda-distriksmunisipaliteit goedgekeur.
Hierdie raadsbesluit volg ná volgehoue druk van die VF Plus sedert 2023, aldus rdl Mariska van Tonder. Volgens haar het die formalisering van die bywette onder meer gesloer weens die ANC-beheerde munisipaliteit se versuim om tydig die korrekte openbare deelnameprosesse in werking te stel.