Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Motoriste langs die N12 naby Lathamstraat het al gewoond geraak aan die tenger, sonverbrande vrou wat daar bedel om haar dwelmverslawing te voed.
Chantell Venter, aan sommige bekend as Vaselinetjie, is al ‘n paar jaar haweloos nadat die sogenaamde ‘dwelmhuis’ in Cuckoostraat afgebreek is. Besorgde Klerksdorpers wat hulle oor haar ontferm, sal verlig wees om te hoor dat sy uiteindelik ingestem het om in ‘n rehabilitasiesentrum opgeneem te word.