Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Vryheidsfront Plus-raadslede in die Matlosana Munisipaliteit het kapsie gemaak teen die aankoop van ‘n luukse motor vir die omstrede ANC-hoofsweep, Kahya Ndincede.
Die ANC meerderheid in die stadsraad het die aankoop van die voertuig van R620 000 op Vrydag 19 Julie goedgekeur.