Klerksdorp Rekord, Hartbeesfontein - Die hoof van die plaaslike laerskool is verlede naweek in die Wilmedpark hospitaal oorlede
Lood Breytenbach (60) het ‘n knievervanging gehad en is weens komplikasies na die operasie oorlede. Volgens ‘n kollega, Debbie Botes, is dit ‘n groot skok vir die skool en sy personeellede.
“Ons hoof was glad nie siek nie. Ons het hom terugverwag by die skool en toe is hy oorlede na komplikasies op Saterdag 13 Julie,” vertel sy geskok. Verskeie skole in die Kosh-gebied het vandeesweek boodskappe van medelye met die afsterwe van die skoolhoof gedeel.