Klerksdorp Rekord, Orkney – Die jong kankerlyer waaroor Klerksdorp Rekord onlangs berig het, is vol moed dat hy die siekte sal oorwin.
Chris Grobler (11) se tweelingsussie, Chinel is ‘n geskikte beenmurgskenker vir hom, maar hy moet eers in remissie wees voor die oorplanting kan plaasvind.
Die tweeling is in Laerskool Saamtrek en spandeer die skoolvakansie of op hul fietse, besig om videospeletjies te speel of om met die boerboel te speel.
Hulle vier hul 12de verjaardag einde Julie.