Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die inwoners in die middestad, die suidelike en westelike woonbuurte, Alabama en Hartbeesfontein se geduld is besig om op te droog. Dié gebiede het vir weke lank nie water nie en as daar water is, is dit net vir ‘n kort rukkie en dan is die krane weer leeg.
Klerksdorp het vir bykans vier weke nie vullisverwydering nie, omdat die “diensverskaffer glo nie betaal is nie” en dan gaan Noordwes gebuk onder ‘n hittegolf en beurtkrag. Is daar ‘n lig aan die einde van die tonnel?
Dagdrome in suburbia
Die legendariese Francois van Coke en Die Gevaar en Spoegwolf het op Vrydag 1 Desember by Rio Casino opgetree. Francois se ondersteuners het hom ingewag met sy T-hemde aan en die sowat 700 mense wat die vertoning bygewoon het, het saamgesing. Die organiseerder, Angelique Kleynhans, het groot planne vir 2024. Hou die koerant dop. Foto: Mpix Photography.
Blood stocks are critically low
Klerksdorp Record, Klerksdorp - The South African National Blood Service (SANBS) needs blood donations as blood stock levels decrease, posing a severe risk to patients in need.
“Since the implementation of the new digital donor questionnaire, aimed at streamlining the donor registration process, which took place on November 7, SANBS has seen a steady decline in blood donations, with blood stocks currently sitting at only 1,8 days’ supply, pushing the available blood to critically low levels across the country.
The best ice-cream cake in SA
A hundred Milky Lanes stores competed in the Ice-Cream Cake Challenge in Johannesburg recently, and Beauty Mvuli Manhique from the Matlosana Mall branch took home the gold.
Photo: Facebook.
Haar bloed is groen
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Zané Prinsloo (28) is ‘n Springbok-ondersteuner deur dik en dun.
Sy is gek oor rugby en kan die ‘Bokke uitwys, ken hulle posisies en die reëls en het die Wêreldbeker saam met haar gesin gekyk. Sy en haar oupa kyk gewoonlik saam. Sy het vir haar familie hempies gekoop en sy het haar hemp met trots gedra toe Klerkdorp Rekord haar besoek het.
Volgens haar stel haar sussies nie belang in rugby nie, maar haar oom wat in Melkbosstrand bly is ook so ‘n groot ondersteuner soos sy. “Ek het ‘n bundel gemaak oor die Springbokke met foto’s en knipsels en nou wil my oom dit by my koop. Hy is nie te koop nie. Hy kan hom by my huur,” lag sy skaam.
Sy het ‘n persoonlike boodskap wat Jean de Villiers vir haar gestuur het, asook een van die Pumas se afrigter. Jean is dan ook haar grootste held. “Dit het my meer as ‘n maand geneem om die bundel te maak en ek kan by my familie in Pretoria gaan kuier, maar die bundel moes eers klaar kom,” vertel sy.