Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Riaan Strydom se familie sukkel nog om sy onverwagse dood te verwerk. Hy het verlede week sy eie lewe geneem.
Strydom (52) is ‘n oudpolisieman wat die diens in 2010 verlaat het. Hy was betrokke by die forensiese afdeling en was sedertdien betrokke by ‘n familiebesigheid wat boedelbereddings behartig.