Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die o/13A-rugbyspan van Laerskool Saamtrek het geskiedenis gemaak deur die eerste span in die skool se geskiedenis te wees wat sedert hul o/10-jaar nog nie een ligawedstryd verloor het nie.
Dié span het ook nie een Super 12 wedstryd verloor nie. Hulle is elke jaar aangewys as Super 12 en Luiperdswenners.
In die 2025 seisoen teken die o/13A-span altesaam 653 punte aan met net 188 teen hulle waaronder 10 wedstryde waar geen punte teen hulle aangeteken is nie.
In 2021 het Covid 19 die liga seisoen kortgeknip en het hulle as o/9A-span nie die geleentheid gehad om deel te neem nie. In 2022 word die o/10A-span as Luiperdswenners en Super 12-wenners aangewys en so ook in 2023 as die o/11A-span.