Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Lolani Janse van Vuuren is ‘n o/13 spoedstapper. Sy het op 9 November die Noordwes-kampioenskap gewen en die rekord gebreek met ‘n tyd van 7.34. Op Saterdag 6 Desember het sy goud gewen by die ASA “Sub Jeugkampioenskap” in Bloemfontein. Sy is volgende jaar in gr 8 in Hoërskool Wesvalia.

Laerskool President se hoofseun van 2024, Xander Reyneke, het akademiese erekleure (goud) gekry tydens die prysuitdeling. Hy het ook erekleure vir leierskap ontvang, is as top presteerder in Afrikaans, Sosiale Wetenskap en EBW aangewys en het ‘n toekenning vir krieket as beste paaltjiewagter gekry.

Jesse Taljaard en Suresh Adams van Laerskool President het albei sakke vol trofeë gekry by die prysuitdeling. Jesse is as die top presteerder in Engels, Wiskunde, Natuurwetenskap, Sosiale Wetenskap, Tegnologie en Kuns en Kultuur aangewys. Sy was ook die kultuurmeisie van 2024. Sy was onderhoofmeisie en het ‘n leierskaptoekenning daarvoor ontvang. Suresh, 2024 se onderhoofseun, het die sportpryse ingeryg. Hy het toekennings as beste kolwer, beste veldwerker en beste krieketspeler en atle-tiekseun van die jaar gekry. Hy is ook as die skool se sportseun van die jaar aangewys.

More Articles …