Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Laerskool Saamtrek se eerste gholfspan wen die Kosh A Zero en IPS liga in die Kosh-gebied. Dehan van der Merwe is as zero naaswenner aangewys, Ruben van der Merwe is zero wenner, PG van Niekerk kry ‘n derde plek in die IPS en Juhanell Ollewagen is die zero wenner en naaswenner in IPS vir meisies.

 

 

 

 

Laerskool Saamtrek se drama akademie het die gehoor bekoor met ‘n opvoering van “Sinderella”.  Die produksie, ‘n parodie van Aspoestertjie, is aangebied deur gr RR tot gr 7 leerlinge van die skool. Die Goeie Fee was nie so goed nie en eintlik ‘n “fairy badmother” en sy en die stiefma en stiefsusters het alles in hul vermoë gedoen om te keer dat die prins vir Sinderella kry. Maar met enige sprokie is daar ‘n les. As jy gemeen is en iemand wil probeer verneder, word jyself uitgevang! Die opvoering is verlede week oor twee dae in die skoolsaal opgevoer.

 

Klerksdorp Record, Klerksdorp - Two teachers from Jouberton won major awards at the National Teaching Awards last weekend. Both drove away with brand new cars!

The two teachers are from Chris Hani Secondary and Are-Itshokeng Primary School respectively and both are over the moon.

Jacob Mthimkhulu, an educator at Chris Hani Secondary in Jouberton, won the category excellence in teaching at a secondary school. The prize-giving was on World Teachers Day (October 5). He won a new car, a mobile library for the school, a trip overseas, cash, laptop, phone and other vouchers.

 

 

Read more …New wheels for top teachers

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - KHS se trompoppies het verlore aansien herwin nadat hulle weer ‘n keer as algehele wenners by die SA Kampioenskap aangewys is.

Hierdie is veral ‘n spesiale oomblik vir KHS en die span aangesien hulle vir die eerste keer sedert Covid, weer in die drill kategorie ingeskryf het en skoonskip in dié kategorie gemaak het. KHS se trompoppiespan was altyd een van die top spanne in die land en het van 2015 tot 2019 in die Elite liga deelgeneem. Die troep het sedert die pandemie gesukkel om weer ou vorm te behaal, maar na die pas afgelope SA’s is hulle terug in die Elite liga vir volgende jaar.

Read more …KHS se trompoppies beste in hul groep

Die volgende Wesvalia-skuts was deel van die NW-knypkoppespan wat ‘n vierde plek tydens die SA interprovinsiale kampioenskap behaal het. Hulle is Shawn Beukes, Walter Weeks, Tiaan Oosthuizen, Zander Britz en (voor) Mishka Hattingh, Amy-Leigh Esterhuizen en Rodé Killian.

 

 

 

 

 

Hoërskool Wesvalia is die SA boogskietkampioen vir 2024. Die skool het aan die SA interskolekampioenskap deelgeneem en is as algehele wenner aangewys. Walter Weeks, Dillon Fourie, Shawn Beukes, Amy-Leigh Esterhuizen, Tiaan Oosthuizen en Owen Smith en (voor) Mia Muller, Mishka Hattingh, Judiie Ehlers, Deandré Erwee, Dillon Beukes en Tristan Trollip het geskiet.

 

 

 

More Articles …