Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Hoërskool Wesvalia het op Vrydag 4 Oktober tydens die “Ruggas Awards” in Centurion die toekenning ontvang vir die Skool van die Jaar wat die beste vordering getoon het. Wesvalia is die jaar in die Noordvaal Rugbyreeks bevorder van die Noordvaal skildafdeling na die plaatafdeling. Willem Strauss, president van die Blou Bulle Rugbyunie, oorhandig die toekenning aan Willem van der Sandt, Wesvalia se rugby direkteur.

 

 

 

 

Hoërskool Schoonspruit se eerste meisies-krieketspan eindig vanjaar algeheel tweede in hulle liga. Die meisies het op 3 Oktober in die finale wedstryd teen Hoër Volkskool te staan gekom by Boys High in Potchefstroom. Hulle het die finaal naelskraap verloor, maar eindig steeds tweede in die liga. Op die foto is (agter) Cormadien Nel, Jeidi Engelbrecht, Michelle van Rensburg, Riazelle Drotskie, Mekayla Drotsky, Leandri Lamprecht (afrigter), Fejean Venter, Monique Corner (hulp-afrigter), Adrianca Koedyk, (middel) Janke Meyer en Arney du Toit (tellinghouers) en (voor) Michelle van Rensburg, Mia Cilliers, Suné Harmse, Felicienne Venter (onderkapteine), Mianique Pretorius en Jo-Ann Pretorius (kaptein).

 

 

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Verlede week was verjaardagweek by Laerskool Saamtrek met verskeie feesvieringe wat gedurende die week by die skool aangebied is.

Leerlinge het die kans gehad om op ‘n reuse springkasteel/Big Bounce te baljaar waarvan die omtrek seker so groot soos ‘n rugbyveld was. Verskeie aktiwiteite het plaasgevind om die skool se 70ste verjaardag te herdenk.

 

 

 

Read more …Saamtrek word 70

Western Reefs Primary School presented WRPS on air last week where parents and supporters of the school were treated to a festival of song and dance by the talented learners. It was a great fundraiser for the school and enjoyed by everyone in attendance.

 

 

 

 

 

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Laerskool Saamtrek is deel van ‘n uitgelese groep skole in die noordelike provinsies wat mekaar jaarliks in verskeie sportkodes die stryd aansê in die Super 12 kompetisie.

Dit is nie net sport nie, maar ook skaak, redenaars en ‘n flinkdink-kompetisie waarin die Samies deelneem en vanjaar is Marisa Visser, ‘n gr 7-leerling van Laerskool Saamtrek as die algehele wenner van die algemene kennisafdeling aangewys. Daar het 19 skole aan die kompetisie deelgeneem en sy het koning gekraai. Die Samiespan het die algehele sesde plek behaal.

 

 

 

 

 

More Articles …