Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - KHS het sy eerste nederlaag na die vakansie gely met ‘n verloor teen Hoërskool Oos Moot van Pretoria.
KHS moes met 29-19 tevrede wees toe die eindfluitjie blaas. Hulle speel in die Noordvaal bekerafdeling.
Die Blou Golf het halftyd 7-3 voorgeloop, maar ‘n beslissing vroeg in die tweede helfte deur ‘n lynregter het kaptein GJ Steenberg van die veld gestuur. “Die oortreding was hoogs debateerbaar en het ‘n groot verskil aan die uitkoms van die wedstryd gemaak. Oos-Moot was te sterk vir ons 14 manne,’’ het Leon Bevan van KHS gesê.
KHS buitesenter Asif Sumara het uitgeblink op die veld vir twee van sy span se drie drieë. Janu de Wet het die ander drie gedruk.
Die naweek speel KHS teen die onoorwonne Transvalia wat heelbo aan die punteleer is.
Ander spanne se uitslae: o/16 verloor 0-45; o/15 verloor 18-7 en o/14 verloor 8-34.
Skoolteater wat jou wind uitslaan
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Teater moet jou meesleur en jy is veronderstel om ‘n reis saam met die akteurs op die verhoog te stap.
Ek haal my hoed af vir Hoërskool Wesvalia se drama-akademie wat nie skroom om teater aan te bied met swaar en ontstellende onderwerpe nie.
Een van die bestes
Die o/14-netbalspan van Hoërskool Wesvalia het algeheel 14de in die land geeïndig. Hulle is Anja Meyer (afrigter) Luca Mayoss, Danell Lombard, Lillibet van Heerden, Michaela Moll, Télan Rodrigues, Rhode Theron, Marinda Kok (afrigter), Lourens van der Merwe (hoof) en (voor) Milan Janse van Rensburg, Denike Jordaan en Mila de Beer.
Meisies tref die putjies
KHS se meisiespan het die voorgee-afdeling van die SA gholftoernooi vir hoërskole gewen, en was derde in die nie-voorgee afdeling. Die spanlede is Aimee van Rooyen, Juhanell Ollewagen, Karmen Marais, McKaylin van Rooyen, Ciska van der Walt en Kaylin Coetzer. Die hoërskole Centurion en Middelburg was tweede en derde onderskeidelik. Leon Bevan is saam op die foto.
Leesprogram tel spoed op
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Laerskool Saamtrek se projek om lees onder laerskoolkinders te bevorder, is besig om momentum te kry.
Die afgelope drie jaar het die skool in samewerking met die Noordwes Universiteit, Lapa Uitgewers, Care2Kids, en Readers are Leaders ‘n unieke leesprogram ontwikkel wat ondermeer leesvaardigheid en leesbegrip onder 5 tot 11- jariges ontwikkel en bevorder.
Volgens Petru Myburg van Laerskool Saamtrek het die universiteit in die drie jaar intensiewe navorsing gedoen en die resultate toon ‘n “ontsaglike verbetering by hierdie genoemde ouderdomsgroepe’’.
Sy het gesê die program is nou gereed om geïmplimenteer te word onder 3-13 jariges. Goeie nuus is dat Laerskool Saamtrek dit eersdaags gratis aan 13 kleuterskole in Klerksdorp gaan aanbied. Die skool werk nou saam met die universiteit in die opleiding van fasiliteerders en samestelling van die storie-raamwerk. Volgens Myburg is die leesprogram uniek en enig in sy soort wêreldwyd.
Hanlie Degenaar van die Noordwes Universiteit se Sentrum vir Gesondheid en Menslike Prestasie en ‘n span deskundiges is verantwoordelik vir die program.