Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Deur Danie Jacobs

Klerksdorp Rekord, Klerksdorpers - Wat gaan jy Saterdagaand doen?

Die Rugby Wêreldbekerfinaal vind om 21:00 plaas en dit is sekerlik die grootste kragmeting in sport vanjaar in die wêreld. Die Springbokke en die All Blacks pak mekaar die 106de keer!

Ek het lanklaas soveel belangstelling in ‘n toernooi gesien - Etsebeth is nou Etsebeet, ‘n brekfis wat R16.15 kos en Faf is ‘n Staffie, want dié honde weet mos nie hoe groot hulle is nie én hulle het wilde hare.

Diegene wat verlede naweek na die halfeindstryd gekyk het, het hopelik herstel na die skok van die eerste 70 min van dié wedstryd waar Engeland die ‘Bokke heeltemal ontwrig het en die span baie min balbesit gehad het.

Die skrums en lynstane was ‘n fiasko en dit is van die ‘Bokke se sterkpunte. Volgens kenners het die Engelse hul huiswerk gedoen. 

Die spel het eers verander toe plaasvervangers op die veld kom en die knoop kon deurhak. Gelukkig was die wedstryd op ‘n Saterdag, want die meeste Suid-Afrikaners het die volgende dag hartkloppings gehad. 

Gaan dit dié naweek weer gebeur? Hopelik nie, maar ons kies nie kant nie, solank die Springbokke wen is ons gelukkig. As rugby jou sport is, dan het jy baie agting en bewondering vir die All Blacks. Jy sal nie openlik vir hulle skree as hulle teen die ‘Bokke speel nie, maar hulle dwing respek af. Hulle het ook ‘n reputasie as ‘n sterk span en het Argentinië heeltemal van die veld gespeel. 

Moet nooit die fout maak om die All Blacks af te skryf nie.

Die weer in Parys vir die finaal word voorspel as reënerig en koud. Dit kan albei spanne uit die Suidelike Halfrond beinvloed, die verskil is net watter span die toestande die beste kan hanteer. 

Die Springbokke het ‘n hele paar taai wedstryde agter die blad en het hopelik nog genoeg vuur in hulle om oor die lasste hekkie te kom.

Teen druktyd op Woensdag was die span nog nie aangekondig nie en die grot vraag is wie gaan die haker wees as Bongi nie mag speel nie. Dit lyk of Deon Fourie die plek moet volstaan. 

Lynstane is hiper belangrik en SA móét lynstane wen om besit te kan kry. Klerksdorp se eie Bok, André Esterhuizen, kry hopelik speelkans die naweek. Die span het sy krag en spoed nodig. Klerksdorp Rekord het met sy ouers prober praat, maar hulle is almal in Frankryk om hom te ondersteun.

Die skeidsregter die naweek is Wayne Barnes - ons sal maar sien of hy so streng is soos die ref wat verlede week geblaas het.

Ons wonder of Cyril werklik ‘n publieke vakansiedag sal afkondig as die Springbokke wen? Want na dié spannende Wêreldbekerwedstryde het ons beslis ‘n rusdag nodig.

Volg die wedstryd regsteeks op SABC2 en Supersport.