Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Langasems kan steeds inskryf vir die Efficient Wealth Klerksdorp-marathon.
Noordwes se grootste marathon vind op Sondag 8 Februarie plaas, met meer as 1 000 atlete wat die strate van Klerksdorp invaar vir ‘n 5 km-”pretloop”, ‘n 10 km-wedloop, ‘n halfmarathon en die 42.2 km-marathon.
Dawie Roodt, bekende finansiële ontleder en TV-aanbieder, sal die borg op die dag verteenwoordig.
Die marathon is ‘n kwalifiseerder vir die land se wêreldbekende ultramarathons soos die Two Oceans oor 56 km en die Comrades-marathon oor 90 plus km. Die begin en eindpunt is by Hoërskool Wesvalia en R30 000 is te wen.
Almal wat hul wedlope voltooi, sal medaljes ontvang. Die Klerksdorp marathon word beskryf as die vinnigste en een van die goedkoopste marathons in die land.
Inskrywings kan gemaak word by www.entryninja.com/events/82901-klerksdorp-marathon-2026/enter.










