Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Hoërskool Schoonspruit en Hoërskool Wolmaransstad sal op 9 Mei in hul dertiende Classic Clash teen mekaar te staan kom.

Vanjaar se kragmeting word aangebied op Wollies se tuisveld. Dit is al sedert 2012 ‘n sporthoogtepunt vir albei skole. Vanjaar sal die skole teen mekaar meeding in hokkie, netbal en rugby.  

 

Die eerste netbalspan speel om 15:00, eerste hokkie (meisies) om 14:30, eerste hokkie (seuns) om 13:15 en die eerste rugbyspan skop om 18:15 af onder die spreiligte.

Die openingseremonie en bekendstelling van die eerste rugbyspanne begin om 17:45 voor die eerste rugbyspanne afskop en om 18:00 sal die pom-poms van albei skole optree. Na afloop van die eerste rugbyspan se wedstryd is die prysuitdeling waar die wenners van die verskillende items aangewys sal word en die trofeë oorhandig sal word.

Volgens Anca Swart, hoof van Schoonspruit, gaan vanjaar se Classic Clash weereens ‘n spog-wintersportgeleentheid wees vir Schoonpruit en Wolmaransstad om kragte te meet.  Asook ‘n geleentheid wat die hele gemeenskap kan ondersteun en saam kan geniet! 

Hekgeld beloop R20 per persoon. Hekke open om 12:00.