Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - While only the damage caused by last week’s flooding in Klerksdorp and surrounding areas is still visible after the water has receded, people will talk about the Schoonspruit in flood for years to come.
The last time the Schoonspruit has flooded this much is said to be in 1976 when parts of Klerksdorp CBD were also under water. Last week, smallholdings, businesses and houses near the Schoonspruit were flooded when several farm dams upstream near Ventersdorp burst their banks due to the unrelenting rain.
Kinders leer hoe om boelies te ‘pootjie’
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - AfriForum se Teenboelieveldtogspan en Klerksdorp-tak het verlede week die leerlinge van vier skole besoek en hulle toegespreek oor omstanders se reaksie op boeliegedrag en hoe dit ’n situasie kan omkeer.
Dié span het op 12 en 13 Februarie verskeie laerskole in die stad besoek en leerlinge van Saamtrek, Goudkop, President en Meiringspark het die gevare van afknouery geleer en hoe om boeliegedrag vroeg in die kiem te smoor.
Paar weke uitstel vir Sassa-kaarte
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die sperdatum vir begunstigdes van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (SASSA) om hul goue kaarte vir Postbank swart kaarte om te ruil, is van 28 Februarie tot 20 Maart verleng. Dit is Vrydag 14 Februarie in ’n gesamentlike verklaring deur die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Solly Malatsi en die minister van maatskaplike ontwikkeling, Nokuzola Tolashe, aangekondig.
Reën voorspel tot die naweek
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Buro vir Weervoorspellings van Amerika het reën die hele Januarie oor SA voorspel asook ‘n moontlikheid van ‘n La Nina-fenomeen oor Suider-Afrika. Volgens die buro het La Nina gevorm en is bo-normale reënval moontlik tot einde Maart. Dit is baie goeie nuus vir die boere. Reën word vir die hele week voorspel met ‘n sterk moontlikheid van reën (90%) tot Donderdag 20 Februarie.
Wees op die uitkyk vir dié rowers
Klerksdorp Midweek, Stilfontein - Die polisie op Stilfontein vra die gemeenskap se hulp om vier mans op te spoor wat ‘n huis in Burgerstraat beroof het. Volgens adj-off Naas Venter, die ondersoekbeampte, het die rooftog om 02:00 op 26 Januarie plaasgevind toe drie mans by die huis ingebreek het deur die eetkamervenster oop te forseer en die diefwering te verwyder.