Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Susan Coetzer het op Saterdag 25 Oktober in Klerksdorp gekuier om te gesels oor haar nuutste boek, Super C. Smag jy na blydskap en lewenslus en krag? Dan is die boek vir jou. Susan het op haar gewone prettige manier vertel hoe sy ook maar ‘n swaarmoedige Sannie was. Sy het gesukkel met onder meer swak selfbeeld en donker gedagtes. Sy het alte dikwels gevoel sy leef nie soos sy wou nie. Maar vandag is alles anders. Sy is veerkragtig en borrelend en nooi jou om saam met haar te reis, en te deel in haar terugslae en oorwinnings tussen die blaaie van die boek.

 

Read more …Op die boekrak: Word jou eie super self

Die gewilde Malene Breytenbach se nuutste boek, Die vrywilligers, ’n historiese roman, verskyn in Januarie 2026. Dit speel af rondom die uitbreek van die Boereoorlog. Dokter Robert Campbell en sy aptekersvriend, Thomas Fraser, stuur ‘n ambulans na die gevegsfront. Die vrywillige verpleegsters is Robert en Thomas se dogters, Eleanor en Mary, en die Campbells se buurdogter, Martha. Martha se ouer broer, Jakkie, gaan ook saam om by die Pretoria Kommando aan te sluit. Van al die vrywilligers het slegs die sestienjarige Eleanor mediese ondervinding aangesien haar ma ’n vroedvrou is en sy soms assisteer. Dokter Campbell se seun, Rory, studeer medies in Edinburgh maar onderbreek sy studies om by die ambulans aan te sluit. Gedurende sy reis terug ontmoet hy drie Russe wat aan die Boerekant kom veg en hulle raak vriende.

 

 

 

 

 

Read more …Op die boekrak: Historiese roman oor liefde in ’n tyd van ellende

Goeie nuus vir lesers van Martin Steyn wat sukkel om van sy ou boeke in die hande te kry. DONKER SPOOR, SKULDIG, SWARTVAL en LOSPRYS word almal heruitgegee in die nuwe groter formaat soos DONKER WATER. Die nuwe uitgawes gaan stuksgewys op winkelrakke verskyn, met Donker Spoor eerste aan die beurt in November. Dan kom Skuldig in Januarie. Swartval kom in Maart, met Losprys in April. Kyk ook uit vir ‘n splinternuwe Martin Steyn Riller op die winkelrakke in Februarie. Dit word uitgegee deur Lapa Uitgewers.
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

deur Nataniël  |  Uitgegee deur Jonathan Ball Publishers
 
Nataniël het nie veel bekendstelling nodig nie. Kunstenaar, sanger, skrywer, wysgeer. In hierdie uitsonderlike bundel stories vermaak Nataniël weer met sy vlymskerp en soms stikdonker humorsin: die stories is absurd, misterieus en immer betowerend. Hierdie splinternuwe versameling van Nataniël bevat 31 stories - 5 in Engels, 26 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is uit Nataniël-produksies oor ’n periode van twee jaar: Ring Van Vuur, Nineveh Song, Cake Topper en Duif. 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

by Thebe Ikalafeng  |  Published by Jonathan Ball Publishers
 
In a world that often asks us to choose between heritage and success, what if the secret to rising lies in staying rooted? Thebe Ikalafeng is a Hall of Fame pan-African branding authority and cultural champion who has journeyed to every African country and worked in over 25 countries across the globe. In Rooted and Rising, his people-centred Seven Ps framework, steeped in African wisdom and practice, reveals how anchoring ourselves in our cultures is the key to authenticity and achieving real advancement. Thebe Ikalafeng is an African branding authority. He is the founder of BLG, a multi-disciplinary advisory group and the founder of the seminal non-profit Brand Africa movement for a brand-led African agenda which is widely referenced as the definitive barometer of brands in Africa. He lives in Johannesburg.
 
 
 
 
 
 
 
 

 

More Articles …