Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Lesersindruk deur Salomé Kotzé
Wilde vere deur Hendie Grobbelaar 
Uitgegee deur Lapa Uitgewers
 
Uit die staanspoor hou jy van Pop. Sy word aan die leser voorgestel as ‘n raakvatter vrou wat altyd eers aan almal dink, voor sy aan haarself dink. Ons almal ken ‘n Pop. Haar man dobbel sy pensioen uit en haar seun kom met ‘n swanger vrou uit Engeland terug. Almal bly saam op ‘n kleinhoewe iewers in die Vuildriehoek waar Pop die pot aan die kook moet hou. Sy is glad nie ‘n poppie nie. Inteendeel, sy is ‘n mechanic. Dan is daar nog hoenders ook. Een spesifieke hoenderhen, Maria Magdalena raak ‘n karakter in die boek en om dinge uit ‘n hoender se perspektief te sien ontvou, is inderdaad vreemd.
Read more …Lesersindruk: Saam die hoenders in

Lesersindruk deur Salomé Kotzé
Die Binnerym van Bloed deur Antjie Krog 
Uitgegee deur NB Uitgewers
 
Hierdie boek het nou ‘n ereplek op my boekrak. Om ten minste een keer ‘n jaar afgestof en weer gelees te word, want ek het lanklaas ‘n boek so geniet. Die digter Antjie Krog keer in die boek terug na die landskap van haar kindertyd. Die Vrystaat en haar grootwordplaas is soos sy en haar ma, die skrywer Dot Serfontein, ook hoofkarakters in die boek. Dit is haar tuiste; ook haar ma s’n. Elkeen met sy eie onthou wat deur middel van briewe en dagboekinskrywings ook die leser se onthou word.
Dot is by die negentig. Sy is verswak en moet voltyds versorg word, maar haar intellek en humorsin is vlymskerp. Ek het soms lekker gegiggel oor haar uitstekende beskrywings.
Read more …Lesersindruk: Bloed is dikker as water

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die masker is af en die ware Petro Kotze-Odendaal is nou vry. Weg is die langhaar meisiekind wat bang is vir haar dronk pa, kwaad is vir haar ma en skaam kry oor hul armoede. Haar boek, Wanneer die Krieke Stil Word, is pas deur Naledi Uitgewers uitgegee. Sonder doekies omdraai skryf Petro oor haar grootwordjare op die myndorp. Waar sy mens geword het en ook waar sy haar man en die pa van haar seun ontmoet het. Die titel van die boek is juis verleen aan die vreesaanjaende angs wat sy ervaar het as sy in die nag moes vlug voor haar eggenoot wat hoog op dwelms gedreig het om haar dood te maak.

Read more …Op die boekrak: Pastoor Petro skryf haarself vry

Uitgegee deur Luca
In die oop ruimtes tussen sterre en swaartekrag sal jy Karlien van Jaarsveld vind waar sy kaalvoet en sonder pretensie by die Here sit. Daar waar sy met Hom kan gesels oor haar soeke en seer, want sy weet dat Hy gewillig en met deernis luister. Karlien vertel in die boek van haar kronkelpaaie van pyn en verlies en hoe sy deur die jare daardie paaie gevleg met haar onwrikbare geloof gestap het. In hierdie poëtiese teks vol beeldspraak en vloeiende kreatiwiteit gesels sy oor kwesbare grepe uit haar lewe.
Read more …Nuut op die rak: Riviere in die wildernis

Uitgegee deur LUCA
In Junie 2025 sal Die boekengel deur Malene Breytenbach verskyn. Mara is uiteindelik vry van haar toksiese huwelik en trek terug Stellenbosch toe waar sy destyds gestudeer het. Sy koop ’n boekwinkel en begin stadig weer die toue van ou vriendskappe en haar lewe optel. Kort voor lank is sy betrokke by die lief en leed van haar vriende en kollegas wat soos familie vir haar raak. Maar alles is nie idillies nie. Mara sukkel om haarself en haar geloof weer te vind ná alles wat in haar huwelik gebeur het. En sy maak boonop onverwagse vyande …
Read more …Nuut op die rak: Die Boekengel

More Articles …