Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Midweek, Stilfontein - Niek en Engel Bouwer is in 1975 getroud. Die egpaar het hul 50ste huweliksherdenking op Thabazimbi gevier en weer troubeloftes aan mekaar beloof. Hulle is op 4 Oktober 1975 getroud. Hulle is reeds 24 jaar woonagtig op Stilfontein en het in Potchefstroom ontmoet toe Engel nog op skool was en Niek in die Weermag. Sy was al die jare ‘n huisvrou en Niek ‘n sweiser op Hartebeesfontein Myn, tot sy aftrede. Die egpaar is dit eens dat hul gelukkige huwelik bestaan uit vasbyt, baie geduld en liefde. Drie seuns is uit die huwelik gebore en hulle het ses kleinkinders.

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die SAVF/Rethabile Kinderhuis se Kersprojek is besig om momentum te kry met nog sowat 60 geskenksakkies beskikbaar. Hulle is besig met ‘n projek om vir elke kind ‘n geskenkpakkie te gee vir Desember. Die kinderhuis het tans 150 kinders waarvan die jongste 2 jaar oud is en die oudste 20. Sakkies kan by die kantoor afgehaal word en op elke sakkie is daar ‘n lys van wat benodig word, maar enige skenking is welkom. 

Read more …Help kinderhuis met geskenksakkies

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - As South Africans gear up for Black Friday on November 28, the National Financial Ombud (NFO) urges consumers to think twice before swiping their way into a financial hangover.  While seasonal discounts may offer short-term appeal, the long-term consequences of overspending on credit, including high-interest debt and depleted savings, can undermine essential financial goals and lead to post-holiday hardship.
Read more …Beware of credit-fuelled spending sprees

Susan Coetzer het op Saterdag 25 Oktober in Klerksdorp gekuier om te gesels oor haar nuutste boek, Super C. Smag jy na blydskap en lewenslus en krag? Dan is die boek vir jou. Susan het op haar gewone prettige manier vertel hoe sy ook maar ‘n swaarmoedige Sannie was. Sy het gesukkel met onder meer swak selfbeeld en donker gedagtes. Sy het alte dikwels gevoel sy leef nie soos sy wou nie. Maar vandag is alles anders. Sy is veerkragtig en borrelend en nooi jou om saam met haar te reis, en te deel in haar terugslae en oorwinnings tussen die blaaie van die boek.

 

Read more …Op die boekrak: Word jou eie super self

Die gewilde Malene Breytenbach se nuutste boek, Die vrywilligers, ’n historiese roman, verskyn in Januarie 2026. Dit speel af rondom die uitbreek van die Boereoorlog. Dokter Robert Campbell en sy aptekersvriend, Thomas Fraser, stuur ‘n ambulans na die gevegsfront. Die vrywillige verpleegsters is Robert en Thomas se dogters, Eleanor en Mary, en die Campbells se buurdogter, Martha. Martha se ouer broer, Jakkie, gaan ook saam om by die Pretoria Kommando aan te sluit. Van al die vrywilligers het slegs die sestienjarige Eleanor mediese ondervinding aangesien haar ma ’n vroedvrou is en sy soms assisteer. Dokter Campbell se seun, Rory, studeer medies in Edinburgh maar onderbreek sy studies om by die ambulans aan te sluit. Gedurende sy reis terug ontmoet hy drie Russe wat aan die Boerekant kom veg en hulle raak vriende.

 

 

 

 

 

Read more …Op die boekrak: Historiese roman oor liefde in ’n tyd van ellende

More Articles …