
Goeie nuus vir lesers van Martin Steyn wat sukkel om van sy ou boeke in die hande te kry. DONKER SPOOR, SKULDIG, SWARTVAL en LOSPRYS word almal heruitgegee in die nuwe groter formaat soos DONKER WATER. Die nuwe uitgawes gaan stuksgewys op winkelrakke verskyn, met Donker Spoor eerste aan die beurt in November. Dan kom Skuldig in Januarie. Swartval kom in Maart, met Losprys in April. Kyk ook uit vir ‘n splinternuwe Martin Steyn Riller op die winkelrakke in Februarie. Dit word uitgegee deur Lapa Uitgewers.