Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Rihanré Pretorius (6) van Klerksdorp was een van die honderde fietsryers wat op Saterdag 31 Januarie op Ottosdal saamgetrek het om aan die gewilde “draf en trap’’ deel te neem. Die jong Rihanré was die jongste deelnemer wat die Diamond Cycle Race se 20km aangedurf het. Hy het algeheel tweede geëindig nadat hy boonop in die o/13 kategorie deelgeneem het. Rinhanré is in graad een in Laerskool La Hoff.

 

 

 

 

 

 

 

 

Klerksdorp Midweek, Orkney - Die Provinsiale Polisiekommissaris se gholfdag word die week gehou by Orkney Gholfklub.

Die geleentheid word aangebied deur die waarnemende NW Provinsiale Kommissaris, Maj-Genl (Dr) Ryno Naidoo op Vrydag 6 Februarie. 

Die doel van die dag is om fondse in te samel vir Sapset (SA Polisiediens Onderwystrust) wat finansiële ondersteuning bied vir die opvoedkundige behoeftes van die kinders van SAPD-werknemers wat hul lewe in die uitvoering van hul pligte verloor het. 

 

 

 

Read more …Polisie-gholfdag baat kinders

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Langasems kan steeds inskryf vir die Efficient Wealth Klerksdorp-marathon. 

Noordwes se grootste marathon vind op Sondag 8 Februarie plaas, met meer as 1 000 atlete wat die strate van die stad invaar vir ‘n 5 km-”pretloop”, 10 km-wedloop, halfmarathon en die 42.2 km-marathon. 

Dawie Roodt, bekende finansiële ontleder en TV-aanbieder, sal die borg op die dag verteenwoordig.

 Die marathon is ‘n kwalifiseerder vir die land se wêreldbekende ultramarathons soos die Two Oceans oor 56 km en die Comrades-marathon oor 90 plus km. Die begin en eindpunt is by Hoërskool Wesvalia en R30 000 is te wen. Almal wat hul wedlope voltooi, sal medaljes ontvang. 

Die Klerksdorp marathon word beskryf as die vinnigste en een van die goedkoopste marathons in die land. 

Inskrywings kan gemaak word by www.entryninja.com/events/82901-klerksdorp-marathon-2026/enter.

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - The Klerksdorp Squash Club’s Business League kicks off in March and they are looking for teams to compete this year.

Any business can enter with teams of four players. Entry fee is R800 per team and games are played on Monday and Wednesday evenings. It is a competitive league with good squash, team building and a social atmosphere.

Big prizes are up for grabs. The league starts on Monday March 2. 

Enquire with Jaco Olivier at 073 570 0824.

More Articles …