Klerksdorp Rekord, Midweek - Die plaaslike rugbyklub is vanjaar 136 jaar oud. Die Klerksdorp Zambezi Rugbyklub is in 1889 gestig. Die klub het sy eerste wedstryde van 2025 op Saterdag 15 Februarie in Welkom teen die Rover-klub gespeel. Johan Rademeyer is die Rugby Direkteur en Boeta Janse van Rensburg, is die voorsitter.
Stalletjiemark lok spiertiere
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die stalletjiemark by Pick n Pay hipermark op Saterdag 1 Maart behoort ‘n belewenis te wees vir oud en jonk.
Hoekom? Want dis weer tyd vir die jaarlikse bakkietrekkompetisie. Spiertier Johan Els wat in 2016 en 2018 die sterkste man in Afrika was en in 2018 die sesde sterkste man in die wêreld, sal die kompetisie aanbied. Hy sal ook om 12: 00 ‘n kragmanvertoning lewer.
Kom speel saam pluimbal
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die plaaslike pluimbalklub oefen elke Maandag en Woensdag by die Rekreasiesentrum en hulle nooi spelers om by hulle aan te sluit.
Oefeninge is om 18:00 in die Jaap Steyn-saal.
Parkrunners blink uit
Nantes Coetzee (middel) het sy 300 ste “nie-amptelike mylpaal” op 15 Februarie voltooi. Hy is saam met Leslie Smit, Koos de Jongh, Tracy Coetzee, Ina de Jongh en Kevin Smit.
Stywe lyne
Hengelaars van Hoërskool Schoonspruit het 9 Februarie langs die viswaters deurgebring in die eerste hoërskole hengelkompetisie vir die jaar. Dit was die eerste distrikteliga vir 2025 en die junior o19A-span is as wenners aangewys. Die o19B-span eindig negende en die o19C-span eindig dertiende. Die damespan het met ‘n tweede plek geëindig.