Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Susan Coetzer het op Saterdag 25 Oktober in Klerksdorp gekuier om te gesels oor haar nuutste boek, Super C. Smag jy na blydskap en lewenslus en krag? Dan is die boek vir jou. Susan het op haar gewone prettige manier vertel hoe sy ook maar ‘n swaarmoedige Sannie was. Sy het gesukkel met onder meer swak selfbeeld en donker gedagtes. Sy het alte dikwels gevoel sy leef nie soos sy wou nie. Maar vandag is alles anders. Sy is veerkragtig en borrelend en nooi jou om saam met haar te reis, en te deel in haar terugslae en oorwinnings tussen die blaaie van die boek.

 

Sy het vertel van ou gewoontes wat sy afgeleer het, en bemagtigende nuwe gewoontes wat sy aangeleer het.

Susan is bekend as ‘n aktrise en skrywer en haar eerste roman, Oros vir die siel, was ‘n wegholsukses. Deesdae skryf sy lekkerlees fiksie en nie-fiksie en woon in Johannesburg. Super C word uitgegee deur NB Uitgewers (Lux Verbi) en is by jou naaste boekwinkel te koop.