Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Met die Klerksdorp Boekefees wat nou eers vroeg volgende jaar gaan plaasvind, het ‘n klompie plaaslike skrywers besluit om steeds die maand saam te kuier. Plaaslike skrywers soos Sandy Schoeman, Petro Kotze Odendaal, Louise van der Merwe, Stefaans Coetzee en Sam-Annique Lowry gaan die naweek oor hul boeke gesels. Die bekende skrywer, Susan Coetzer, is die eregas en kom haar nuwe boek, Super C, bekendstel. Die boekekuier word op Saterdag 24 Oktober by Shack to Sanctuary aangebied. Die tema vir die laatoggend kuier (10:30 tot 14:30) gaan oor die kosbaarheid van vrouwees. Toegang is gratis. Boeke, koffie en koek sal te koop wees.
New books: SA’s shadow state exposed
Nuwe boeke: Nuwe voorblaaie vir kinderboeke
Jaco Jacobs se bekende drie kinderboeke Duistermaan, Pretpark en Harlekyn het almal die jaar nuwe omslae gekry! Pretpark en Harlekyn spog nou op
die rak langs Duistermaan wat vroeër die jaar gepubliseer is. In Pretpark is Johan en Anton baie opgewonde toe daar ’n pretpark buite die dorp opgeslaan word! Maar vandat die mislike Madame Zelda hulle op die verhoog gehipnotiseer het, voel Johan, Anton en Karin...anders.
From Kenya with love
Rotarian Tim Dagori, the local Rotary Club’s favourite Springbok-supporting Kenyan, is back. Not only does he rock his green and gold jersey like a local, he came bearing gifts. He brought a banner from his home club in Kenya and authentic Kenyan coffee - which will be auctioned off to raise funds for local projects. He is seen with the president, Willie Venter.
Glenda Kemp trek ’n nuwe baadjie aan
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - As jy oud genoeg is om Glenda Kemp se naam te onthou, dan onthou jy hoe haar danse met ‘n luislang die land aan die praat gehad het in die sewentigerjare. Glenda was ‘n kabaret-danser en haar slang se naam was Oupa! Glenda het kerke, die polisie en huwelike op hol gehad, maar sy het nou ‘n nuwe blaadjie omgeslaan. Na haar bekering in 1995 leef sy as ‘n burger van die Hemelse Koninkryk van Lig. Soos die verlore seun in Luk 15:20, het sy opgestaan en teruggegaan na haar Vader se huis. Indien jy belangstel in ‘n praatjie, Glenda kuier op 18 en 19 Oktober by AGS Charisma lang die N12; op 18 Oktober om 10:00 by ‘n Vrouekonferensie en op 19 Oktober om 09:30 en 18:00 in die kerk. Sy vertel passievol en met dankbaarheid van haar liefde vir Jesus en hoe Hy haar nuutgemaak het. Die jare na haar bekering het sy as onderwyser ‘n groot verskil gemaak in
kinders se lewens asook jong verslaafdes. Skakel 072 792 8513 en 083 207 4729 vir meer inligting.










