Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die SAVF/Rethabile Kinderhuis se Kersprojek is besig om momentum te kry met nog sowat 60 geskenksakkies beskikbaar. Hulle is besig met ‘n projek om vir elke kind ‘n geskenkpakkie te gee vir Desember. Die kinderhuis het tans 150 kinders waarvan die jongste 2 jaar oud is en die oudste 20. Sakkies kan by die kantoor afgehaal word en op elke sakkie is daar ‘n lys van wat benodig word, maar enige skenking is welkom. 

Die grootste behoefte is nuwe klere vir die kinders en daarom is ‘n denim, t-hemp en ‘n paar skoene op elke lysie. Elke sak het ‘n naam op en die kind se klere- en skoengrootte.

Skakel Mina of Martie by 018 464 1888 of 083 379 7811 om jou sakkie te kry. Alle pakkies moet op 8 Desember terug wees by die kinderhuis.